Thursday 16 February 2012

Farmhouse

Always have a book at hand, in the parlor, on the table, for the family; a book of condensed thought and striking anecdote, of sound maxims and truthful apothegms. It will impress on your own mind a thousand valuable suggestions, and teach your children a thousand lessons of truth and duty. 
Such a book is a casket of jewels for your housebold.
Tryon Edwards



Sunday 15 January 2012

Love Life. Life is Good

"Opportunity dances with those who are already on the dance floor." 
 
My moto vir 2012 is:  Love Life. Life is Good!
Daar is soveel negatiewe dinge in ons daaglikse lewe, maak maar net 'n koerant oop om te lees van misdaad, korrupsie en wat nog.  Ons kan so maklik vasgevang word in hierdie web van negatiewe gedagtes dat ons later sommer op moedverloor se vlakte is.
Maar ons het 'n keuse!  Gaan ons toelaat dat al hierdie negatiewe dinge van buite ons vrede en vreugde steel of gaan ons stil raak en kyk wat is daar nog elke dag wat positief in ons lewe is en dankbaar daarvoor wees?  Die huis wat ons het, die voertuig waarmee ons kan ry, die werk waarheen ons kan ry, die kos op ons tafel?  
Deur negatief te wees maak dat ons negatief reageer selfs op positiewe dinge.  Buiten dat ons energie gesteel word en ons vreugde is daar nie veel wat ons kan doen aan dinge buite ons beheer nie.  Ons kan ons land en ons leiers opdrae aan God want Hy is nog steeds in beheer en vertrou dat Hy wel die harte van die mense in hierdie land sal verander.  
As jy vanoggend opstaan en voel of die hele wereld se probleme om jou skouers rus, gaan staan net 'n paar minute buite en voel die son op jou vel, luister na die voels en die wind se sagte fluistering en raak rustig. God bly in beheer en ook vandag en more is Hy in beheer. 
Love life! Life is Good!
Die verfie:  Sonsondergang by die see.... die sagte kleure van oranje wat alles toevou .... dit bly maar net mooi!

Saturday 14 January 2012

 
 
" Think about it! If you were ever really truly alone do you think you could have made it this far? Don’t feel sorry for yourself and hate everything about life just because things may not be going your way! Do something about it! You're not helpless! You may discover that in the long run you are much stronger than you believed and life will then take on a whole new meaning! You will be Great!"
- Jon Hawks
 
Inligting oor die verfie:  
Wat is mooier as die pers Jakaranda's in Pretoria?  Geen wonder Oktober is die mooiste mooiste maand nie! Brooklyn, Groenkloof en die groter Pretoria word omvou deur 'n pers kombers wat strek so ver as wat jou oog kan sien. Ek moes 'n straat toneel vasle in pers - Pretoria is die Jakaranda stad!!

Tuesday 10 January 2012

Nuwe jaar Nuwe dinge

Die verf gogga het my verlede jaar ernstig gebyt en is nou totaal en al verslaaf aan die reuk van verf!

Goed of sleg weet ek nog nie maar daar is niks so lekker soos om 'n skoon canvas te vat en kleure daarop te begin sit nie. Die vreugde om te skep, om kreatief te wees is net heerlik.  Met hierdie blog gaan ek probeer om weekliks my verf ervarings en positiewe dinge te deel.  Geen meesterwerke of skeppings nie, net heerlike uitvloeisels van myself op canvas.

Oor die aangehegte verfie:
Lighuise het hulle eie bekooring.  Die feit dat hulle as baken staan om gevaar aan te dui het my al baie keer laat wonder hoeveel lewens hierdie lighuise deur die eeue al gered het.  Hulle staan in wind en weer, soms half vervalle en opgeroes maar steeds bly die lig helder skyn.

Dit laat die gedagte by my opkom dat ek hoop dat ek as mens, ten spyte van my foute en gebreke en ja soms in die wind en weer, ek ook sal aanhou skyn tenspyte van my omstandighede.

Wees 'n baken, wees 'n anker vir die verlore of rigtinglose skepe wat op die groot see rond dobber.
My wens is dat almal, tenspyte van die omstandighede waarin jy jouself nou bevind, jy steeds helder sal skyn!